Kan van ver gesien word, en vertoon realisties, veral wanneer jy sy klere gereeld verander. Kragtige skietlamp bied uitstaande sigbaarheid in die donker op lang afstande tot 30km. Roofdiere en voornemende diewe word afgeskrik, want dit lyk en klink of iemand besig is om in die nag te jag.
Jan Gun maak gereeld 'n draaibeweging, en die frekwensie van beweging is verstelbaar.
Volume is verstelbaar. Kragtige weerbestande luidsprekers en 'n kragtige klankversterker lewer suiwer en realistiese klank.
Jan Gun gaan outomaties in "COMBAT MODE" wanneer sy beams gebreek word, en stel jou in kennis met 'n sms wanneer dit gebeur. ("HIER IS GROOT K#K JY MOET DADELIK KOM")
Jan Gun praat en beweeg en skiet met reëlmaat ongeveer elke 10 minute.
Jan Gun is baie aktief, hy praat, skel, beweeg en skiet ongeveer elke 5 minute.
Word geaktiveer wanneer beams gebreek word. Beams kan tot 100 meter ver opgestel word in verskillende rigtings.
Ek het 3 Jannies, hulle staan op diens in die pekan boorde. Die boorde is min of meer 40 hektaar maar word in 4 gedeel. Die bobbejane is vreeslik lief vir die neute en sal 'n hele boom vernietig om by n enkele neut op die boonste tak uit te kom. Dit beteken maklik 4 jaar se groei wat verniel word in n paar minute.
So die Jan Guns bewaar van einde Feb tot Augustus die bome. Ons skuif hulle elke week en verander hulle klere van tyd tot tyd. As jy per kans n paar skote ook kan vuur na die trop help dit baie. Ons het gesien dat hier en daar sal n manlike dier nog deurkom en n paar takke breek maar sonder Jan is die verlies kwaai. Oor die algemeen het ons geen probleme met die konstruksie en die elektronika is slim genoeg om jou te waarsku per SMS as iemand met hom peuter.
PS: Die enigste ding wat better werk as Jan is my vrou Debby!
Jan Gun se prys is R31000.00 plus BTW. Volledig met 'n sonpaneel. Slegs die beams en battery is ekstra.
Jan is sowat 1.8m hoog sonder die voetstuk boks en sy lyf is gemaak van sterk glasvesel so hy is ontwerp om baie jare te hou.
Jan se klank toerusting is kragtig met n 500w klankversterker en twee waterbestande Marine luidsprekers in sy lyf.
Een stel beams met drade kos R2000.00 plus BTW en kan tot 100m uit mekaar opgestel word. Jan Gun kan tot 3 stelle beams hanteer.
Ons vind die bobbejane bly weg so ver as wat hulle vir Jan Gun kan sien, so mens kan hom eers sonder die beams probeer.
Jan is maklik verskuifbaar en ons beveel aan dat sy posisie gereeld verander word, minstens een keer per week indien moontlik.
Bestellings kan telefonies of per epos gemaak word.
Telefonies: +27 82 450 6988
Per epos: ernst@skaapwagters.co.za